Sie haben keine Artikel im Korb.

Penguin Random House South Afr

Filters

Gaan vind die skurk wat in meisies handel dryf. Dís agent Vicky Kahn se eerste missie, noudat sy vir die Agentskap vir Staatsveiligheid werk. Die feit dat die skurk 'n topmodel en 'n eksmeisie van die president se seun is, maak dinge moeiliker. Op Schiphol-lughawe digby Amsterdam glip die model deur Vicki se vingers en hierna, in Berlyn, vind Vicki haar kontakpersoon op sy kombuisvloer met 'n koeël in die kop. Maak dat jy wegkom, sê Vicky se gesonde verstand. Intussen ondersoek Fish Pescado die aanval op 'n rebelleleier van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die leier is platgetrek op die trappies van die St. George-katedraal in Kaapstad. Fish die surfer, die privaatspeurder en Vicki Kahn se hart se punt. Fish se saak gaan draai by niemand anders nie as Suid-Afrika se president.
Fish word gewaarsku: Moenie krap nie, gaan surf en vat jou meisie Vicki Kahn saam - voor dinge warm raak. Geheime, verskuilde agendas, kommunistiese komplotte. Vicki en Fish is in 'n maalkolk.

Ab CHF 21.70